Skrifgedeelte: Ester 8
Teks: Ester 8 : 2, 15 - 17
Tema: Ons is medewerkers in God se Koninkryk:
benut elke geleentheid tot voordeel van die koninkryk.
Deur God se ingrepe is die situasie tussen Haman aan die een kant en Ester en Mordegai aan die ander kant heeltemal omgekeer. Haman word opgehang en die koning se seëlring word van sy vinger afgehaal en aan Mordegai se vinger gesteek. Mordegai kry Haman se pos en hy en Ester kry koninklike volmag om die bose se plan finaal af te weer.
Deur God se ingrepe is die situasie tussen Haman aan die een kant en Ester en Mordegai aan die ander kant heeltemal omgekeer. Haman word opgehang en die koning se seëlring word van sy vinger afgehaal en aan Mordegai se vinger gesteek. Mordegai kry Haman se pos en hy en Ester kry koninklike volmag om die bose se plan finaal af te weer.
So word Mordegai en Ester medewerkers aan God se koninkryksplan. Maar die fokus is nie op hulleself nie – die doel van die plan is om die volk te red. Sodat daar lewensruimte, lewenswaarde en vreugde vir God se volk kan wees.
Ons is ook medewerkers in God se koninkryk, ons het ook koninklike volmag van ons Koning, Jesus Christus, ontvang. Die vraag is net of ons werk in die koninkryk ook so op ander gerig is of dalk net tot ons eie voordeel?
Ontmoetingsdiens
Intreelied en votum: Ps. 43 – 1: 3; Seën; Loflied Ps. 18 – 1: 15,16,17; Geloofs-belydenis
Verootmoedigingsdiens
Wet – fokus op Vierde Gebod; Lees ook Esegiël 20: 19 – 21 en Jesaja 56: 2 – 7 en Hebreërs 10: 23 - 25 ; Sing Ps. 84 - 1: 1,2,5; Gebed.
Woorddiens
Skriflesing; Sing Ps. 116 – 2: 1,2,5; Woordverkondiging
Antwoorddiens
Gebed; Liefdegawes; Gebed vir BnB; Sing Ps. 144 – 1: 1,4,5,6 ; Seën; Amen
Sb 13 - 3
AANDDIENS: ds Piet
Skrifgedeeltes: Genesis 15
Teks: Genesis 15 : 6 - 8
Tema: Ons geloof word gewerk deur die Woord en versterk deur die Sakramente.
Belydenis: Sondag 25
Ons vier een van die dae weer die Sakrament van die Nagmaal. Omdat ons so maklik in rituele godsdiens kan verval moet ons onsself altyd weer afvra na die basiese beginsels van ons geloof sodat ons opnuut weer uit die kern van ons verhouding met God kan leef.
Uit die geskiedenis van Abraham openbaar God dat ons geloof deur die Woord van God gewerk word en dat God tekens gee om dit te versterk naamlik die Sakramente.
So vra die komende nagmaal weer na die aard van jou geloof en jou behoefte om dit te versterk – of gaan ons maar weer “net nog ‘n keer nagmaal vier”?.
Vooraf sang
Lied 255:1,2,3 en Lied 258: 1,2,3.
Ontmoetingsdiens
Intreelied Ps. 119 – 2: 7,8,9; Votum; Seën; Loflied Ps 33 – 2: 1,3,4 ; Gebed.
Woorddiens
Skriflesing; Woordverkondiging
Antwoorddiens
Gebed; Liefdegawes; Gebed vir BnB; Sing Ps. 86 – 1: 5,6,9; Seën; Amen Sb 13 – 2.
MEELEWING
· Oom Barney Barnard (‘n oud-lidmaat) is oorlede en is Vrydag begrawe.
BAIE GELUK
· Tannie Adrie de Kock se kleindogter, Mileen Stoker, het die graad B.Sc-Verbruikerswetenskap met cum laude verwerf!
· Marike Venter ontvang hierdie week haar B Com Honneursgraad in Bemarking.
· Dian Aucamp is die afgelope naweek by die Junior Onderwaterhokkie SA’s in Oos-Londen gekies vir die O/19 Springbok oefengroep.
TYDELIKE HULPDIENS BEGIN VANDAG
Soos u reeds weet het die kerkraad besluit dat ons vanjaar, terwyl ons as gemeente weer opnuut besin oor die beroepingsproses, tydelike hulp gaan verkry om te help met die bediening van die gemeente. Ons het hulp op twee fronte gevra naamlik prediking, huisbe-soeke, siekebesoeke aan die een kant en jeugwerk aan die ander kant.
Ds. Hessel en mev Annatjie Dijkstra het ingewillig om met eersgenoemde te help. (prediking, huisbesoeke, siekebesoeke.) Hierdie besoeke word in oorleg met die ouderlinge en ds Piet gedoen. Ds. Hessel het dit baie duidelik gestel dat hy net die “hulp” is en nie die tweede predikant nie.
Lidmate kan egter met vrymoedigheid hom nader vir pastorale bystand.
Stefan Grobler is gevra om op die tweede front te help naamlik jeugbediening. Dit sluit in die skooljeug (gesamentlike jeugdienste) sowel as die naskoolse jeug, jong werkendes en studente. Laasge-noemde groep het noemenswaardig toegeneem oor die laaste jaar en daar is dringende behoefte aan intensiewe bediening met besoeke, kleingroep-vorming, betrokkenheid, ens.
Ons dank die Here dat ons hierdie gawes ook tot ophou van die gemeente kan aanwend en bid dat - alhoewel dit net tydelike hulp is – dit tot groot seën vir lidmate en ons gemeente in geheel sal wees. Ons bid daarom ook vir ds Hessel en Stefan die seën van die Here toe op hierdie dienswerk.
Ds. Hessel: 018 290 8045/ 082 940 4281
Stefan: 083 389 3290.
ONDERSTEUNING VIR SIEKES
Vir ondersteuning of besoeke deur die hospitaalbesoeke-diensgroep, skakel vir:
Joey Lubbe 083 232 9376 / 018 290 1322
Griet du Preez 083 464 6553 / 018 290 8100
Hantie Grobler 082 675 3893 / 018 290 6013
Marian de Kock 082 950 4358
Pieter Bredenkamp 082 879 7507
of e-pos siekes@oosdoppers.co.za
AFKONDIGINGS
Die volgende aktiwiteite vind DV hierdie week plaas:
Vandag
09:30 Gebedsgroep in Elim
10:00 Oggenddiens
Kleuterbediening
Katkisasie
Tee en koffie in die Skuur
18:00 Aanddiens
19:00 Kommissie vir bediening na buite
Maandag
16:30 Katkisasie Gr 8
17:15 Katkisasie Gr 9
Dinsdag
06:00 Manne ondersteuningsgroep
18:00 Ouderlinge blokverg Wyk 1-16
19:30 Ouderlinge blokverg Wyk 17-32
Ouderlinge : Wyksverslae in
Woensdag
10:00 Amandelbloeisels
16:30 Katkisasie Gr 10
17:15 Katkisasie Gr 11
19:00 Bybelstudie Klipdrif
Vrydag - Sondag
Gemeentekamp
KLEUTERBEDIENING
Kleuters vanaf 2 tot 7 jaar.Skakel Annari Schutte vir enige navrae by 082 868 9739.
KENNISGEWINGBORD
Oosdopperkamp
· Susterssaamtrek – 10 Maart 2012
· Werkswinkel vir Ouderlinge
· Cansa Relay for Life, 17/18 Maart
· Bybel-toer in Turkye: 22 Jun- 4 Jul
VERJAARSDAE
Baie geluk aan almal wat dié week verjaar!
Sondag, 11 Maart
Br Johan Marais 079 029 3701
Sr Makie vd Walt 082 686 2283
Sr Marna Naude 083 237 8820
Br Errol v Niekerk 083 216 0070
Sr Amanda vd Merwe 083 570 7412
Maandag, 12 Maart
Br Nardus v Zyl 082 492 9505
Br Oubaas Boltman 082 554 9731
Sr Beatrix Coetzee 082 897 7158
Dinsdag, 13 Maart
Sr Aneleh Schutte 082 339 5547
Jbr Thinus Vorster 084 505 5010
Woensdag, 14 Maart
Sr Em Volschenk 082 564 1940
Donderdag, 15 Maart
Br Werner Pheiffer 071 436 9066
Vrydag, 16 Maart
Sr Elmarie Pretorius 082 551 1855
Saterdag, 17 Maart
Sr Tokkie Theunissen (85) 082 411 1076
Br Andreas Alberts 084 707 2968
ANDER AFKONDIGINGS
• Liefdegawe vanoggend vir Barmhartigheid.
• Gawe by die deure vanoggend vir die Bedieningshulp.
• Gawe van volgende Sondag vir Emeritusfonds.
• Vrywillige bydrae vir voertuigsekuriteit kan in die bussies by deure gesit word.
• Diensbeurte: Wyk 11 en 12.
BYKOMENDE PASTORALE HULP
Br. Chris Venter lewer bykomende pastorale hulp vir lidmate wat dit nodig het. Kontak hom gerus by: 083 415 1240 / 018 290 6566
PREEKTEMAS UIT DIE BOEK ESTER
Hf 1: 1 – 4
Glo onwrikbaar in die regeermag van God, al lyk Hy oënskynlik afwesig.
Hf 2: 1-18
Vertrou dat God sy plan met jou uitvoer tsv die hartseerpad wat jy moet loop.
Hf 2:18 – 23
Wees konsekwent gehoorsaam - ook in ongunstige omstandighede.
Hf 3: 7
Konsekwente gehoorsaamheid bring vervolging waarin God jou vashou.
Hf 4:8
God wil jou gebruik - is jy bereid?
Hf 5 – 7
God bestuur ons lewe tot in die fynste besonderhede sodat sy Koninkrykplan kan slaag.
Hf 8
Ons is medewerkers in God se Koninkryk: benut elke geleentheid tot voordeel van die koninkryk.
Hf 9 -10
Ons lewe is 'n Purimfees want God keer alle mensgemaakte ordes om en gee aan ons die lewe.
AMANDELBLOEISELS
Ons nooi u almal graag na ons byeenkoms op Woensdag, 14 Maart om 10:00 by die Skuur. Thys en Karin Kruger gaan vir ons optree as gaskunstenaars.
KENELKANDER
Die nuwe Kenelkander is beskikbaar in die Skuur. U kan u boekie onder u wyknommer afhaal. Baie dankie aan almal wat boekies geborg het, ons waardeer julle ondersteuning. Kyk gerus op Bl 5 en ondersteun ons borge!
KERKLIKE TYDSKRIFTE
Beskikbaar in die Skuur vir lidmate wat daarop ingeteken is.
WEBBLAD VIR ONS JEUG
Kruispad se webblad is weer aktief en nooi julle uit om in te loer by www.kruispad.net.
OOSDOPPER
GEMEENTEKAMP 2012
Wanneer? 16-18 Maart 2012
Waar? Weltevrede Vakansie-Oord
Tema? Hoe om jou Bybel vars te lees, om jou band met die Here te versterk.
DIS HIER! Kom geniet ‘n besondere naweek saam met:
· Tematoeligting - prof. Fika van Rensburg
· Sterrekyk uit ‘n Bybelse perspektief – prof. Johan de Klerk
· Lekker saamsing
· Geniet die natuur
· Vele meer
Dagbesoekers: Baie welkom!
R50pp/dag (by oord betaalbaar) – kinders onder 5 gratis. Gee asb u name aan die kerkkantoor deur.
Nog enkele kampeerplekke beskikbaar
WEER BESKIKBAAR: 1 Chalet vir tot 5 persone.
Volle inligting by die kerkkantoor, of skakel vir Pieter Bredenkamp 082 879 7507.
SIEN JULLE DAAR!
GEREF. KERK, MOOIRIVIER BIED AAN
‘n Heerlike aand van saamkuier met pianis Petro Marais van Nederland met ‘n kaas- en wyn daarna.
Plek: Mooirivier Kerk, hv Du Plooy en Sol Plaatjiestr.
Datum: 24 Maart 2012
Tyd: 18:30 vir 19:00
Koste: R30 p/persoon
Kaartjies by die deure te koop of by Nicolene 082 463 8297, Wendy 072 485 0234 of ds Mouton 082 925 3959.
GK BULT – PRAISE & WORSHIP
Datum: Woensdag, 14 Maart, 2012
Tyd:19:00-20:00
Plek: Kerksaal (Hoek van Molen- en Borcherdstraat) tussen Fiori's en Dingo's.
Knyp 'n uurtjie van jou tyd in die week af, en kom loof saam die Here! Almal is welkom! Bring jou vriende!
Kontak Ilze vir enige navrae (072-954-5653)
BEROEPENUUS
BEROEPE ONTVANG
* Ds JA Berg van Vaalwater na Vryheid.
* Ds TF Dreyer van Randburg na Boksburg-Suid.
BEROEPE BEDANK
* Ds CJ Nagel [jr] van Nylstroom na Pietersburg-Suid.
GEESTELIKE VOEDSEL
‘n Persoon skryf ‘n brief aan ‘n tydskrif en kla dat dit vir hom geen meer sin maak om kerk toe te gaan nie.
Hy skryf: “Ek gaan al vir meer as 30 jr kerk toe, ek het gedurende hierdie tydperk na ongeveer 3200 preke geluister, maar ek kan nie een onthou nie. So ek dink ek mors my tyd en die predikante mors hulle tyd deur al hierdie preke voor te berei en Sondag vir Sondag te preek!”
‘n Paar weke na dit gepubliseer was, het iemand anders geantwoord:
“Ek is reeds 30 jr getroud. Gedurende my getroude lewe het my vrou ongeveer
32, 000 etes voorberei. Maar, net soos jy, kan ek nie een spyskaart onthou nie! Maar dit weet ek, al daardie etes het my gevoed en versterk, as dit nie vir daai etes was nie, dan sou ek vandag dood gewees het. Dieselfde geld ook vir die kerk! As ek nie gegaan het om geestelik gevoed te word, sou ek vandag geestelik dood gewees het!”
-Marijke Faught-
OOSDOPPERFEES - 26 MEI
Boeke Oase: Bring al jou ou boeke vir ons na die Kerkkantoor. Ons gaan dit verkoop by die Oosdopperfees.
SUSTERS
TEESKINKGELEENTHEID
Tee word vandag in die Skuur bedien deur Wyke 7, 18 en 25. Daar sal vandag weer poeding wees - ʼn donasie van ± R8 per bakkie word gevra. Diè donasies word vir die Koningskinders se bediening aangewend. Baie dankie vir die 3 wyke se susters wat help!
NAGMAAL-ETE
Die susters nooi almal hartlik uit na die Nagmaal-ete, Sondag 25 Maart in die Skuur.
Spyskaart: Frikadelle en hoender, aartappelslaai, wortelslaai, uitpakslaai en nagereg @ R25 per persoon. Bespreek by die kerkkantoor (018 290 7690) of by Carina Smits (084 209 4198) voor of op Dinsdag, 20 Maart.
BAIE DANKIE AAN ONS BORG VAN DIE WEEK!
Our passion for pets is reflected in the superior quality of Montego Classic Products .
Developed by expert animal nutritionists – manufactured with our world-class standards of production.
Ons bied die volgende reeks produkte in verpakkings wat jou sak pas:
· Montego Classic Puppy, Montego Classic Adult en Montego Classic Senior is beskikbaar in 2kg, 5kg, 10kg, 20kg verpakkings.
· Montego Classic Adult ook in 25kg pakke.
· Montego Classic Cat is beskikbaar in 1kg, 3kg en 5kg pakke,
· Montego Treats in 1kg pakke.
PRYSLYS:
25kg Adult – R280
10kg Adult – R130
25kg Puppy – R310
10kg Puppy – R 140
25kg Senior – R310
10kg Senior – R 140
VIR ENIGE NAVRAE / AANKOPE
KONTAK GERUS: TEOLOGIESE STUDENT VICKUS V JAARSVELD – 076 453 8815