Gereformeede Kerk
Potchefstroom Oos
067 713 2332 | [email protected]
  • Oor Ons
    • Bankbesonderhede
  • Ons bedieninge
    • Jeug >
      • Kleuterbediening
      • Laerskooljeug
      • Hoërskooljeug
      • Studente & Jongwerkendes
    • Susters >
      • Jaarprogram
  • Kalender
  • Media
    • Preke
    • Dienelkander
  • Meelewing
  • Projekte
  • Kontak Ons
  • Oosdopperfees
  • MOOIRIVIER KERSMARK
  • FOKUSTYD
  • KINDERFEES
  • Ontdek jou gawes
  • DANKBAARHEIDSVORM
  • POPIA WETGEWING
Picture

Vir meer inligting gaan na:

http://www.oosdoppers.co.za/mooirivier-kersmark.html
PROJEKTE 2025
Gholfdag - Vrydag 21 Februarie 2025
Oosdopperfees - Saterdag 26 Julie 2025
Kinderfees - 6 - 10 Oktober 2025 - Belydenisklas uitreik
Mooirivier Kersmark - 20 November - 29 November 2025



Opdrag van die Projektekomitee

Hierdie komitee se opdrag is om fondse vir uitreikprojekte in te samel. Let Wel: Hierdie fondse vervang nie jou maandelikse dankoffer nie, dit is bo en behalwe lidmate se kerklike bydraes. Dit is ’n addisionele inkomste waardeur ons veral ons opdrag kan nakom om die Woord na buite uit te dra.
 
Hoe gaan ons dit doen?
Eerstens deur voorbidding. Ons het in die verlede gesien dat wanneer ons projekte met die regte gesindheid aanpak, die Here ons projekte seën en ons help om dit suksesvol af te handel. Om die projekte egter uit te voer, het ons die hulp en ondersteuning van elke gemeentelid nodig.
 
Hoekom doen ons dit?
Om ons gemeente terselfdertyd na binne en na buite op te bou. Deur saam te werk, word lidmate ook onderling in liefde saamgebind. Daar is baie uitbreidings en verbeterings wat ons aan ons geboue wil aanrig Ons groot doelwit is egter om ons bedieningsfokus finansieël te ondersteun, naamlik om die liefde van Christus in die wêreld te verkondig en uit te leef. Uitreikprojekte moet dus befonds word.
 
 Vanjaar se projekte:
 
Gholfdag – Walter Plotz,  Ryan Bezuidenhout en Nicolaas Erasmus
 Gholfdag is baie afhanklik van borge vir die dag en ons is dankbaar wanneer die lidmate ons hierin ondersteun. Die jongmanne in die gemeente neem leiding met die reël van hierdie geleentheid.
 
Oosdopperfees 
Hierdie gewilde projek op ons Oosdopperkalender moet hierdie jaar agv die Corona-virus gekanselleer word. Ons moedig egter gemeente-lede aan om, indien hulle kan, die bedrag wat hulle by die Oosdopperfees sou spandeer in die kerk se rekening te betaal omdat ons gemeente swaar steun op die inkomstes uit ons projekte.

Mooirivier Kersmark  -  Rieëtte Venter en volledige komitee
’n Uitstalgeleentheid onder een dak met uitgesoekte en gekeurde uitstallers vir 9 dae. ’n Uitstalfooi word betaal en die gemeente verdien ook kommissie op die uitstaller se omset tydens die Kersmarktyd. Na 15 jaar is hierdie projek mooi gevestig en ons bou elke jaar voort met groot genade van Bo.  Die gemeente is ook baie betrokke by hierdie projek en help dat alles op geoliede wiele loop!
​
2025 Inligtingstuk Afr.pdf
File Size: 474 kb
File Type: pdf
Download File

2025 Rregistrasie Afr.pdf
File Size: 341 kb
File Type: pdf
Download File

2025 Information Eng.pdf
File Size: 321 kb
File Type: pdf
Download File

2025 Registration Eng.pdf
File Size: 230 kb
File Type: pdf
Download File

Powered by Create your own unique website with customizable templates.