Gereformeede Kerk
Potchefstroom Oos
067 713 2332 | [email protected]
  • Oor Ons
    • Bankbesonderhede
  • Ons bedieninge
    • Jeug >
      • Kleuterbediening
      • Laerskooljeug
      • Hoërskooljeug
      • Studente & Jongwerkendes
    • Susters >
      • Jaarprogram
  • Kalender
  • Media
    • Preke
    • Dienelkander
  • Meelewing
  • Projekte
  • Kontak Ons
  • Oosdopperfees
  • MOOIRIVIER KERSMARK
  • FOKUSTYD
  • KINDERFEES
  • Ontdek jou gawes
  • DANKBAARHEIDSVORM
  • POPIA WETGEWING

Diensgroepe, kleingroepe, gebedsgroepe en bybelstudiegroepe

Onder leiding van ons diakens en die kommissie vir bediening lewer lidmate baie mooi liefdesdiens in diensgroepe bv. 

Die Siekebesoek-diensgroep 

Hierdie diensgroep gaan besoek op gereelde basis siekes in die plaaslike hospitale en ook tuis. Hulle lewer op die wyse ‘n kosbare ondersteuningsdiens. 

Kontakpersoon: Ds Piet Venter 082 779 1237

Anna Smith                     083 765 9813
Marian de Kock               082 950 4358
Susan Lourens               073 898 0181

of e-pos [email protected] 

Die Bejaarde diensgroep 

Hierdie diensgroep gee besondere aandag aan ons bejaardes met besoeke tuis asook ondersteuning aan ons Amandelbloeisels – die aksie vir ons senior lidmate. 

Kontakpersoon: Christa van der Walt (073 424 3786)

Nuwe intrekker diensgroep 

Die diakens doen ook moeite om nuwe intrekkers te verwelkom in die gemeente deur besoeke, gemeente-etes ens.

Kontakpersoon: Yolanda de Kock (082 537 0196)

Gemeentekamp diensgroep 

Hierdie diensgroep reël elke jaar ‘n lekker kuierkamp vir die gemeente. Tydens die kamp word ook ‘n toerustingstema aangespreek en verder net lekker saam gekuier. 

Kontakpersoon: Anna Smith
 (082 765 9813)


Bybelstudiegroepe 

Daar is twee formele Bybelstudiegroepe onder leiding van ds Piet. Die een groep vergader elke twee Woensdagoggend om 09:30 by die kerk en die ander groep op dieselfde Woensdagaand by die pastorie. 

Kontakpersoon: Ds Piet Venter (082 779 1237)
 

Manne Ondersteuningsgroep 

Elke Dinsdagoggend gedurende die kwartaal vergader die manne om 06:00 – 06:45 aan huis van ds Piet om mekaar te ondersteun en voorbidding te doen. 

Kontakpersoon: Ds Piet Venter (082 779 1237)

Gebed en Ondersteuningsgroep 

Hierdie diensgroep lewer ‘n geweldige bydrae tot die geestelike lewe van die gemeente deur elke tweede Maandagaand om 19:00 bymekaar te kom vir gerigte voorbidding vir die gemeente se lidmate, aktiwiteite en geestelike behoeftes. Hulle onderneem dan ook besoeke en uitreike na lidmate in beproewing. 

Kontakpersoon: Elsie Ferreira (072 449 1982)
  

Erediensvoorbiddingsgroep 

(Hierdie diensgroep sien dit as hulle roeping om elke Sondagoggend om 9:30 in Elim bymekaar te kom om spesifiek vir die dag se eredienste voorbidding te doen. Op so wyse word die hele gemeente en in besonder die prediker sterk ondersteun in wat in die eredienste moet gebeur. Hulle fokus ook daarop om spesifiek te bid om vervulling met die Heilige Gees in die gemeente se belewenis, deelname aan en geloofsreaksie op die eredienste. 

Kontakpersoon: Elsie Ferreira
 (072 449 1982) 
NUWE INTREKKERS:           ​Yolanda de Kock  082 537 0196

HOSPITAALBESOEKE     
Ds Piet Venter 082 779 1237

GEMEENTEKAMPE:       
Anna Smith    082 765 9813

BEJAARDES:       
Christa vd Walt  073 424 3786

Powered by Create your own unique website with customizable templates.