KINDERFEES : 6 -10 Oktober 2025
Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Oos, Rocherstraat 75, Bailliepark
Navrae: Engela vd Walt 082 556 7806 of Adele (kerkkantoor)067 713 2332
Registrasie sluit op Donderdag, 2 Oktober 2025
Pa, hoe ver nog? Nie meer ver nie, ons is amper daar! Waar? By Potchefstroom Kinderfees! Al die maats in Potchefstroom word uitgenooi na ons 7de jaarlikse Kinderfees vir Gr. R tot Gr. 7. Dit is ‘n baie spesiale fees vir kinders wat julle nie mag misloop nie! Vanjaar se Kinderfees is weer gedurende die Oktober-skoolreses van 6-10 Oktober!
Ons hoop om sommer lekker baie maats te kry, sodat julle lekker fees kan vier! Al die maats wat alreeds ons Kinderfees bygewoon het, word weer uitgenooi en bring asseblief nuwe maats saam!
Mamma en Pappa – dit is HEELTEMAL GRATIS – onthou net om te registreer. Die inskrywingsvorm is op ons webblad. Verversings en ‘n ligte middagete word verskaf.
Datum: 6 – 10 Oktober vanaf 07:00 tot 13:00
Adres: Gereformeerde Kerk Potchefstroom-Oos, Paryslaan
Pappa en Mamma vir jul aandag:
Aflaaityd: Vanaf 07:00
Program begin: 08:00
Oplaaityd: 13:00 – 13:30
| |||||||
| vid-20190814-wa0000_mpeg4_001.mp4 | |
| File Size: | 9496 kb |
| File Type: | mp4 |