Katkisasie in die week
Die gr 8 -10 katkisante ontvang op Dinsdae middae klas by ds Piet en die gr 11 katkisante op Woensdae middae. Die klasse word gewoonlik laatmiddag aangebied om kinders geleentheid te gee om eers hulle buitemuurse skoolverpligtinge na te kom. Indien daar botsing kom, kan dit met ds Piet uitgeklaar word. Die katkisante berei nie vir die klasse voor nie, maar volg ʼn tematiese onderrigprogram wat sterk fokus op deelname aan en gesprek met die katkisante oor die onderwerpe.
Mentorgroepe (kleingroepe)
Vir ons gr 7 – 11 kinders word daar ook mentorgroepe gevorm waar die kinders onder leiding van jong belydende lidmate in kleingroepe waar hulle toegerus word, saam kuier en verskillende lekker aktiwiteite aanpak.
Kontakpersoon: ds Piet Venter