Skrifgedeelte: Ester 8
Teks: Ester 8 : 2, 15 - 17
Tema: Ons is medewerkers in God se Koninkryk:
benut elke geleentheid tot voordeel van die koninkryk.
Deur God se ingrepe is die situasie tussen Haman aan die een kant en Ester en Mordegai aan die ander kant heeltemal omgekeer. Haman word opgehang en die koning se seëlring word van sy vinger afgehaal en aan Mordegai se vinger gesteek. Mordegai kry Haman se pos en hy en Ester kry koninklike volmag om die bose se plan finaal af te weer.