Sustersamekoms 21 Februarie 2012 -
Ons kuier lekker saam met ons sussies in die geloof!
Sustersaktiwiteite by Potchefstroom-Oos
Omgee na binne
Teeskinkgeleentheid Sondae na kerk
Elke wyk kry ongeveer 4 teeskinkgeleenthede tydens die jaar. Ons skink ook vakansies tee, sodat almal kan saamkuier.
Verjaardae – Bejaardes
Ons bejaardes (ouer as 85) word met hul verjaarsdae met ‘n kaartjie, blomme en/of verversings bederf deur die wyksusters.
Doop van babas
Elke dopeling kry met sy/haar doop ’n Bybel as geskenk van die Susters.
Kerkraad- en ouderlingvergaderings
Tydens vergaderings word die broeders en susters bederf met koffie/tee/sap en verversings.
Begrafnisse
Indien ’n geliefde van ’n gesin oorlede is sien die wyk van die gesin onderleiding van die wyksuster, om na hulle behoeftes en word daar ook vir die verversings tydens die begrafnis gesorg.
Behoeftige gesinne
Vanaf hierdie jaar gaan ons ook Kersemmers pak vir die behoeftige gesinne in die gemeente.
Omgee na buite
Koningskinders
Daar word op gereelde basis poeding gebring wat met Sondagoggende se teedrinkgeleenthede beskikbaar is. Lidmate kan dit neem en gee ’n donasie vir die Koningskindersprojek. Ons het ook vanaf 2010 'n kersgeskenkprojek vir ons koningskinders.
Klerebank en Koskas
Die susters ondersteun en wil van hierdie jaar af betrokke wees by die bestuur van die klerebank en koskas in samewerking met die diakonie.
Toerusting
Sustersamekomste
Ons kuier lekker saam tydens ons sustersamekomste. ’n Spreker word gereël wat ons toerus oor ’n spesifieke tema. Dis ’n geleentheid om mekaar beter te leer ken.
Sustersaamtrek
Elke jaar woon ons as susters ons gesamentlike Sustersaamtrek by. Hierdie jaar vind dit in Klerksdorp op Saterdag 10 Maart plaas.
Gesamentlike sustersafsluiting
Die susters van die Potchefstroomgemeentes kom aan die einde van die jaar bymekaar om saam aan ’n gesamentlike afsluiting deel te neem. Hierdie jaar vind dit plaas op 8 November om 19:00 en word aangebied deur Cachet.
Fondse
Finansies
Die susters se fondse word verkry uit elke suster se vrywillige bydrae. (R120 per jaar) en die fondse wat geïn word tydens fondsinsamelingsgeleenthede. Hierdie geld word gebruik om uit te reik na minderbevoorregtes en daar word jaarliks aan verskillende verdienstelike instansies, hoofsaaklik in Potchefstroom, donasies gegee.
Nagmaaletes
Die susters staan ook reg met die organisasie en voorbereidings rondom ons nagmaalete.
Blikkies Warmharte
Die doel van die blikkies is dat almal hulle lastige kleingeld in ’n blikkie sal gooi en die vol blikkie dan in die voorportaal sal neersit. Die geld word dan gebruik om blomme of iets toepaslik aan te koop vir iemand wat deur beproewing gaan.
Melkfonds
Vanaf hierdie jaar begin ons met 'n melkfonds. Ons gemeente is bevoorreg om melkkoffie te drink. Daarom het ons besluit om te begin met 'n fonds sodat daar elke Sondag voldoende melk beskikbaar is.
Wyksusters
Skakelwerk: Wyksusters is die spil van al die susters se aktiwiteite. Daar is ’n wyksuster vir elke wyk en sy dien as skakel met die susters in die wyk en die bestuurslede.
Motivering en aanmoediging: Sy bevorder betrokkenheid van lidmate in ons gemeente, wens susters wat verjaar geluk, besoek ouer lidmate en siekes, bederf lidmate van 85 en ouer op verjaardae, help met verkopings en ander fondsinsamelings, help met die reël van teeskink op Sondae na kerk, (kry uit wyk 2 poedings vir Koningskinders, kry persone wat help skink en opwas), reël eetgoed uit die wyk vir spesiale geleenthede soos belydenis ens.
Meelewing: Sy laat weet sustersbestuur en/of predikant van probleme, nood, siektes, babas ens. in haar wyk, help met die organisasie van begrafnisse van persone in haar wyk (saam met die betrokke ouderling se vrou en diaken (se vrou)).Die wyksuster herinner susters aan vrywillige sustersbydraes. (Riglyn: R10 per maand) en help met die insameling van bydraes vir Toktokkie.
Tref van reëlings: Sy is nie verantwoordelik om alles self te doen nie maar elkeen in die wyk moet ‘n beurt kry om sodoende betrokkenheid van lidmate te bevorder. Sy is behulpsaam met die reëlings van Blokaktiwiteite soos op die jaarprogram uiteengesit bv. een sustersamekoms, een nagmaal ete ens.
Kol 3 : 23 “Wat julle ook al doen, doen dit van harte soos vir die Here en nie vir mense nie”.